Apostoliese Geloofsbelydenis

Die Apostoliese Geloofsbelydenis is 'n vroeë belydenis van Christelike geloof, heel moontlik vanuit die eerste of tweede eeu. Dit wil voorkom asof dit geskryf is om die kern van die vroeë Christelike geloof te verwoord, en is ook 'n antwoord op Gnostisisme wat liggaam en siel van mekaar wou skei. Christus se vleeswording en die liggaamlike opstanding was vir hulle onaanvaarbaar, daarom dat die belydenis spesifiek na Christus se maagdelike verwekking, en gelowiges se "liggaamlike" opstanding verwys. Die belydenis word deur meeste Protestantse kerke of denominasies gebruik tydens eredienste en teologiese opvoeding, en is meer prominent in die Lutherse en Anglikaanse kerke.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search